28/11/2026

Werner & Antoinette

Gaan Trou !

Ons Storie

Wie sou kon dink ’n dak kan die begin van ’n hele liefdesverhaal wees?

In 2021 het ons ontmoet op ’n manier wat beslis nie soos die begin van ’n romantiese fliek klink nie. Hy het by haar huis opgedaag om ’n kwotasie te doen om haar dak reg te maak. Sy was op daardie stadium net nog ’n kliënt. Min het ons geweet daardie kwotasie sou uiteindelik baie meer werd wees as net ’n nuwe dak.

Wat begin het as ’n eenvoudige ontmoeting, het stadig verander in ’n besonderse vriendskap. Ons het begin praat… en praat… en praat. Tyd saam, familiekuier, koffie en donuts, inkopies en die klein alledaagse dinge het ons nader aan mekaar gebring. Sonder dat ons dit besef het, was ons besig om die fondament van iets baie groter te bou.

’n Paar maande later was daar ons eerste soen – nie juis die mees beplande eerste soen nie, maar dit het gewerk. Nie lank daarna nie het ons besef dat ons nie net goeie vriende geword het nie… ons het verlief geraak.

Ons het mekaar gevind in ’n tyd toe ons albei deur baie gegaan het, en sonder om dit te probeer, het ons vir mekaar ’n veilige plek geword. Deur die mooi én moeilike dae het ons geleer dat liefde nie perfek hoef te wees nie – dit is om mekaar steeds te kies, elke dag.

Twee jaar later het hy die groot vraag gevra, en die antwoord was natuurlik ja. Ons troue is daarna ’n paar keer uitgestel, maar een ding het nooit verander nie: ons keuse vir mekaar. Deur alles wat die lewe oor ons pad gebring het, het ons liefde net sterker geword.

 

En nou, amper vyf jaar nadat ’n dakherstel ons paaie laat kruis het, is ons uiteindelik hier.

Die dak het dalk net ’n regmaak nodig gehad… maar ons het uiteindelik ’n hele lewe saam gekry.

 

Ons storie het begin met ’n herstel, gegroei uit ’n vriendskap en verander in ’n liefde wat ons vir altyd wil kies.

 

Ons gaan trou. En hierdie keer is daar geen uitstel nie. Dit is die begin van ons mooiste hoofstuk.

Days
Hours
Minutes
Seconds

Die Venue

Ons spesiale dag vind plaas by Mooi begin, ’n pragtige venue waar ons saam met ons geliefdes ons liefde en nuwe begin kan vier.

Ons sien daarna uit om hierdie besonderse dag met elkeen van julle te deel en saam herinneringe te skep wat ons vir altyd sal koester.

Venue & Verblyf:

Sien die venue se adres hieronder. Vir dié wat graag daar wil oornag, is verblyf beskikbaar teen R500 per persoon, ontbyt ingesluit. Kontak ons gerus vir meer inligting oor die verblyf.

Drankies:

Die venue bied nie drankies aan nie, so bring gerus jou eie koelerboks en drankies saam indien jy iets wil geniet. Sap en water sal beskikbaar wees.

Troue Skedule

Trek asseblief aan volgens ons

Kleur Palette

RSVP

Wittebrood-fonds

Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag beteken reeds vir ons baie. Indien julle ons verder wil bederf, sal ’n bydrae tot ons wittebroodfonds opreg waardeer word.

Account Details:
Ms A Du Toit
Acc no: 2382617116
Capitec Bank
Savings account